Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Verdagte in 6-jarige se moord los borgtog

Die man wat in hegtenis geneem is weens die moord op en verkragting van Delvinia Europa (6) van Elim het Maandag in die Bredasdorp-hof vir ’n borgtogaansoek verskyn.

Inwoners van Bredasdorp en Elim het buite die hof gestaan met plakkate om hul ongelukkigheid uit te spreek oor die geweld teen vroue en kinders. Hulle het ook ’n petisie om borgtog teen te staan aan die aanklaers, Felicity True en Stuart von Coppenhagen, oorhandig.

Die verdagte het die aansoek om borgtog laat vaar en die saak is tot 6 Mei vir verdere ondersoek uitgestel.

Forensiese bewysstukke is reeds by die polisie se laboratorium ingedien.

The man accused of the rape and murder of Delvinia Europa (6) appeared in the Bredasdorp Magistrate’s Court on Monday 8 April. He retracted his bail application. Members of the Elim and Bredasdorp communities picketed with posters outside the court to contest his bail application. The case was postponed to 6 May.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.