Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Verdagte wat in Hawston wegkruip, gee hom oor

’n Man wat na bewering die owerhede probeer ontduik het deur in Hawston weg te kruip, het hom verlede week aan die polisie oorgegee nadat dinge in dié klein vissersdorpie vir hom “te warm” geraak het.

Die 31-jarige man is deur die polisie in die Suid-Kaap gesoek in verband met ’n wrede aanval Dinsdag 4 Februarie by Keurboomstrand in Plettenbergbaai.

Kapt. Malcolm Poje, woordvoerder van die polisie in die Suid-Kaap, sê die ondersoek dui daarop dat die slagoffers, ’n 42-jarige vrou en haar 39-jarige vriend, omstreeks 23:15 in die parkeerterrein by die strand was toe hulle deur die verdagte genader is.

“ ’n Struweling het uitgebreek en die verdagte het die man verskeie kere met ’n mes gesteek. Die man het talle steekwonde opgedoen en is later na die plaaslike hospitaal vervoer,” het Poje bygevoeg.

Genadelose aanval

Die verdagte het na bewering al twee slagoffers se hande agter die rug vasgebind en die vrou die bosse in gesleep waar hy haar na bewering verkrag het.

“Hy het ook ’n stuk lap in haar mond gedruk om te verhoed dat sy kon skree,” berig Poje. “Sy het verskeie beserings in die aanval opgedoen waarvoor sy later mediese behandeling moes ontvang.”

Haar beseerde vriend het daarin geslaag om ’n vriend te kontak. Die vriend het op sy beurt die polisie ontbied. Die polisie het dadelik na die vrou begin soek.

Poje sê volgens die slagoffer het die naderende polisievoertuie se ligte haar aanvaller afgeskrik. Hy het haar losgemaak en op die vlug geslaan.

In sy haas om weg te kom, het die misdadiger egter sy ID op die toneel agtergelaat. Dít het die polisie se ondersoek aansienlik gehelp en hulle het later vasgestel die verdagte het na die Overberg gevlug.

Deurbraak

’n Vrou van Hawston, wat nie haar naam wou verskaf nie, sê boodskappe wat op sosiale media versprei is, het inwoners attent gemaak op die verdagte se teenwoordigheid in hul midde.

“Party mense dink die inwoners van Hawston is misdadigers, maar ons mense het begin inligting deurgee oor waar hy is en het die wêreld vir hom so warm gemaak dat hy homself aan die polisie oorgegee het,” het sy verduidelik.

Poje het bevestig dat die beweerde verkragter hom Vrydag 7 Februarie aan die Hermanus-polisie oorgegee het.

“Die verdagte, wie se naam nog nie bekend gemaak kan word nie omdat hy nog nie op die aanklagte teen hom gepleit het nie, is oorgeplaas na Plettenbergbaai en het Maandag en Dinsdag in die hof verskyn,” sê Poje.

“Hy staar aanklagte van verkragting en ontvoering sowel as aanranding met die doel om ernstig te beseer in die gesig,” het Poje gesê.

Die saak is uitgestel tot 21 Februarie vir ’n borgtogaansoek. “Die man bly in aanhouding en die ondersoek duur voort.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.