Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Verdagtes vas ná Franskraal-rooftog

Twee mans het verlede week in die hof verskyn in verband met ’n huisroof verlede week by die Franskraal-woonwapark waar ’n man met ’n panga aangeval is.

Flink speurwerk deur plaaslike speurders het daartoe gelei dat die eerste verdagte net langer as ’n uur ná die aanval en rooftog aangekeer is.

Lt.-kol. Winston Coetzee, die bevelvoerder van die Gansbaai-polisie, berig dat die eerste verdagte Dinsdag (29 Januarie) omstreeks 06:50 in Masakhane in hegtenis geneem is.

“Met verdere opvolgondersoekwerk is ’n 34-jarige man Woensdag 30 Januarie in hegtenis geneem.”

Ten spyte van die blitsige inhegtenisnemings kon die polisie nie enige van die eiendom wat in die vroeë oggendure Dinsdag in die rooftog by ’n huis in die Franskraal-woonwapark gesteel is, terugvind nie.

’n Man is ernstig in die voorval beseer nadat hy die verdagtes betrap het toe hulle by die huis ingebreek het (“Man met panga aangeval”, Hermanus Times, 31 Januarie 2019).

Die slagoffer het hom glo met ’n tuinvurk probeer verdedig, maar die verdagtes het hom oorrompel en met die panga oor die arms geslaan. Die verdagtes het kort daarna met verskeie items en die slagoffer se selfoon gevlug.

Die slagoffer het daarin geslaag om tot by die bure te vlug en is per ambulans na die Hermanus-hospitaal vervoer.

Die 31-jarige verdagte het verlede Donderdag op aanklag van huisroof in die Hermanus-landdroshof verskyn. Sy medepligtige het kort daarna ook op aanklag van huisroof in die hof verskyn.

“Die ondersoekbeampte sal borgtog teenstaan,” het Coetzee gesê.. Niemand is nog in verband met ’n ander aanval by die Gansbaai-gholfklub op George Hunt in hegtenis geneem nie. Enigeen met inligting oor die voorval word gevra om met sers. Tsoananyana by 082 938 1963 in verbinding te tree.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.