Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Verloor ‘als’ in brand, naby aftrede

’n Egpaar, naby aan aftrede, se ergste nagmerrie het waar geword toe hul sweiswerk-onderneming 22 Oktober afgebrand het.

Die brandweer kon net ’n gedeelte van die gebou in Industria-pad red.

’n Hartseer Antonio en Sally-Ann Martins, wat vir die afge­lope 20 jaar A&S Projects besit, is baie hartseer nadat al hul harde werk nou letterlik in sak en as is.

“Ons het verlede Dinsdag net ná 20:00 ’n oproep van ’n lid van die plaaslike buurtwag ontvang wat ons in kennis gestel het dat ons onderneming aan die brand is,” sê Antonio. Die brand het agter die winkel ontstaan en vier motors is uitgebrand voordat dit hulle hele onderneming verwoes het.

Org May van Quantum Coachworks (agter A&S Projects) is deur ’n veiligheids­maatskappy in kennis gestel dat sy onderneming se alarm afgegaan het in die brand.

“Ons huur ook ’n gedeelte van die perseel langs ons en gebruik dié gebied vir parke­ring. Die plek waar die brand ontstaan het, was 100 m van ons parkeer­plek af. As ’n voor­sorgmaatreël het van my werk­nemers, wat ook vinnig opge­daag het, die voertuie in die hoërisikogebied uit ons gebou verwyder en op ’n veilige plek geparkeer tot die vuur in bedwang gebring is,” sê May.

In die brand het May en die persoon by wie hy die gebou huur op Quantum Coachworks se dak gestaan en die vuur met hul eie brandslange in bedwang gebring.

Antonio sê hy is dankbaar vir die brandweer se goeie werk, maar noem dat meeste van hul sweistoerusting beska­dig is toe die brandweer­beamptes die brand probeer blus het.

“Ons is naby aan aftree en wonder nog of dit ’n goeie idee is om die onderneming weer oop te maak. Dit het baie jare se harde werk gekos om hier te kom en nou is alles daarmee heen. Ons is steeds onseker oor hoe die brand ontstaan het.”

Antonio se stem raak bewerig soos hy deur die gebrande ge­bou loop. Die dak is vol gate en van die vensters is met ou stuk­ke staal toegemaak om te verhoed dat van die toerus­ting gesteel word. “Ons wag nog vir die versekeringsmaatskappy en die brandweer se verslag. In dié stadium is dit al wat ons doen, wag.”

Volgens May kon die brand baie erger gewees het en is hulle bly dit was ’n windstil-aand. Die Overstrand-brand­weer het omstreeks 21:30 by A&S Projects aangekom nadat ’n informele struktuur agter die sakeperseel aan die brand was. “Die oorsaak van die brand kon nie bepaal word deur die brandweer nie. Indien ’n saak by die polisie aan­hangig gemaak word, sal hulle verder ondersoek instel. Brand­weer-beamptes kon wel vasstel dat die brand by die informele strukture agter A&S Projects begin het,” sê ’n woordvoerder van Overstrand-munisipaliteit.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.