Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vier belangrikheid van ons oseane op oseanedag

Wêreld Oseane Dag wat 8 Junie gevier word, is ’n dag wat bewustheid oor ons oseane en die belangrike rol wat dit in ons lewe speel, verhoog.

Oseane is die longe van ons planeet, hulle voorsien die meeste van die suurstof wat ons as mense nodig het om asem te haal. Oseane is ook ’n belangrike bron van voedsel en dit vorm ’n kritieke deel van die biosfeer.

Wêreld Oseane Dag is in 1992 by die Aardeberaad in Rio de Janeiro voorgestel en dit was ’n manier om die wêreld se gedeelde oseane te vier.

Verlede jaar se tema was “Voorkoming van plastiekbesoedeling en bemoedigende oplossings vir ’n gesonde see”, terwyl hierdie jaar se tema “Geslag en die Oseaan” is.

Dit vier die belangrikheid van geslagsgelykheid, veral vir die doeltreffende bewaring en volhoubare gebruik van oseane en see en mariene hulpbronne word erken.

Geslagsgelykheid is die gelyke waardering deur die samelewing van die ooreenkomste en die verskille tussen vroue en mans en die verskillende rolle wat hulle speel.

Die Wêreld Oseane Dag van 2019 sal daarna streef om groter oseaan en geslags-geleerdheid te bou en moontlike maniere te ontdek om geslagsgelykheid in oseaan verwante aktiwiteite te bevorder, soos mariene wetenskaplike navorsing, visserye, arbeid op see, migrasie oor see en mensehandel, beleidmaking en bestuur.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.