Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Vinkel en koljander’ gereed vir nóg ’n Epic

Die fietsry-vriende, Dawie Theron en Nelis Coetzee, neem dié jaar aan hul tweede Absa Cape Epic-bergfietstoer deel.

Dawie en Nelis word deur Absa Pride geborg en volgens hulle is hulle baie bevoorreg om weer deel van dié opwindende fietstoer te wees. “As dit nie vir die borg was nie, sou ons nie kon deelneem nie,” sê Dawie.

Nelis is die mede-eienaar en bestuurder van die Engen-vulstasie in Sandbaai en Dawie ’n finansiële beplanner en senior vennoot by PSG Wealth Hermanus.

Weens hul omstandighede oefen dié twee elke dag vóór werk.

“Om vir die Cape Epic voor te berei, vereis baie ure van harde oefening,” verduidelik Dawie.

Dié span volg ’n sesmaande­oefenprogram wat goed vir hulle met die vorige Epic gewerk het.

Nelis is nou 10 kg ligter as verlede jaar.

“Ons was verlede jaar die swaartse span wat deelgeneem het en ons gewig as ’n span was 260 kg ná ons saam amper 90 kg verloor het,” vertel Nelis (“Net twee vet ouens pak toe die Epic”, Hermanus Times, 5 April 2018).

Dawie vertel dat hulle nou weet wat van hulle verwag word. “Ek is nie seker of dit vir ons makliker of moeiliker is nie.”

Die span is geestelik sterk en reg om die roetes en uitdagings aan te durf. “Dit is ’n lewensveranderende ervaring,” sê Dawie.

Dawie en Nelis ry nou drie jaar saam fiets en vertel dat hulle baie tyd saam deurbring.

“Om ’n goeie span te wees, verg goeie vriendskap en gelukkig kom ons goed oor die weg.

“Ons grootste ondersteuners is ons familie en vriende. Ons het ’n goeie fietsry-vriendekring en ’n dorp wat ons ondersteun,” aldus die twee vriende.

“Die einddoel is om die toer te voltooi, ons leuse is moenie laaste kom nie, maar tweede laaste. Ons wil ook vir ons borg Absa Pride wys dat ons die geleentheid waardeer en wil hulle graag trots maak,” sê Dawie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.