Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Virus maak dinge ietwat moeilik by Mount Pleasant Primêr

’n Onderwyser by Mount Pleasant Primêr is onlangs positief vir Covid-19 getoets.

Dié nuus is Sondag 21 Junie deur die skool op sosiale media aangekondig.

Lionel Wildschut, die hoof, het bevestig dat almal wat met die onderwyser in kontak was, reeds in kwarantyn geplaas is. Die skool volg die nodige maatreëls en die klaskamers sal ontsmet word. “Ek kan nie die skool sluit nie, dus is die skool oop vir onderwysers en leerders,” vertel Wildschut.

Volgens Bronagh Hammond, ’n woordvoerder van die Wes-Kaapse onderwysdepartement rakende die omstandighede in hierdie geval, sal die hele skool nie gesluit word nie, maar wel ontsmet word. “Die gebied waar die onderwyser beweeg het, is afgebaken vir ontsmetting.”

Hammond sê in elke geval word ’n aantal faktore in ag geneem voordat ’n skool heeltemal gesluit word.

“Eerstens moet die gebiede waar die personeellid of leerder fisiek teenwoordig was, ontsmet word. Byvoorbeeld, as ’n personeellid slegs in een of twee klaskamers was, is dit moontlik dat die skool kan voortgaan deur die kamers af te baken en te ontsmet. “Aan die ander kant, as die personeellid oral in die skool was, sal meer gebiede ontsmet moet word.”

Tweedens, sê Hammond, is die datum waarop die personeellid of leerder laas in die skool was, ook belangrik. “Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) en die departement van gesondheid het ons meegedeel dat die virus nie langer as 72 uur op oppervlaktes oorleef nie.”

Laastens moet die hoeveelheid direkte kontak met die onderwyser ook oorweeg word.

Hammond sê skoolhoofde is gevra om seker te maak dat hulle in hierdie opsig duidelik daaroor met hul personeel en ouers van leerders kommunikeer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.