Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
VLV vier lente virtueel

BREDASDORP – “Baie dankie, julle is ware lenteblommetjies wat die lente met heerlike verrassings­pakkies in ons huise gebring het.”

Só lui die boodskap van Marie Spamer, een van vele boodskappe wat na afloop van die Bredasdorpse VLV se soveelste virtuele vergadering – dié keer op ’n yskoue en winderige lentedag – op die virtuele platform geplaas is.

Heelwat lede het in die tak se September-vergadering sommer die lente feestelik verwelkom omdat lentedag op die heel eerste dag van die maand val. Met slegs een vergadering wat tot nou as gevolg van beperkings op die tradisionele manier gehou kon word, is besluit om ook hierdie feestelike geleentheid virtueel op die WhatsApp-groep aan te bied.

Die volgende span gaan in die volgende termyn weer die VLV-wa deur die drif help trek. Hulle is Annette van Eeden (voorsitter), Lorraine du Toit (ondervoorsitter), Annemie Fourie (sekretaresse), Barbara Mandy (tesourier) met Alerina Augustyn, Carin Brink, Carene Cooper en Letty Anne Möller as addisionele lede.

’n Verskeidenheid interessante onderwerpe is aangeraak – van Lorraine du Toit se pittige voorlesing oor die vrou en haar lyf wat noodgedwonge te alle tye met mekaar moet leer saamleef; die interessante landbou-bydrae oor roosmaryn-boerdery; die insetsel oor “fyn porselein”, tot by die hartlike lente-samesang, getooi in kleurryke blomtooisels wat hulle vroeër self uitgeknip en aanmekaargesit het. Koud en winderig was dit wel, maar diep binne-in, het al wat ’n hart is, lekker warm geklop van pure lentegenot!

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.