Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Voorman trots op wyn

Colin Jonkers, ’n inwoner van Hermanus, is vir die afgelope 21 jaar in die wynbedryf.

Met die ondervinding en harde werk wat Jonkers deur die jare ingesit het, het hy besluit om sy eie wyn te maak.

Jonkers het ’n bottel shiraz met die naam Samuel geskep ter ere van Samuel Swarts.

Jonkers verduidelik dié wyn is na Samuel genoem aangesien hy al vir meer as 40 jaar as voorman by Hamilton Russel-wynplaas in die Hemel-en-Aarde-vallei werk.

“Wat my ook geïnspireer het, is die feit dat ‘oom Sampie’, soos ek hom noem, al so lank en getrou sy werk doen. Hy is ’n saggeaarde mens en ’n legend in die wynbedryf. Hy het die eerste wingerd op Hamilton Russell-wynplaas geplant en ook die eerste druiwe geoes.”

Jonkers voeg by dat Samuel hom altyd aangemoedig het om verder in die wynbedryf te leer.

Volgens Samuel is hy baie emosioneel en geëerd dat iemand ’n wyn na hom genoem het.

Dié shiraz kom van die koel klimaat van die Hemel-en-Aarde-vallei en spog met ’n neus van swart peper, koffiebone, donker bessies en met ondertone van laventel.

. Die Samuel Shiraz is by Wine Village teen R105 per bottel beskikbaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.