Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Voorstelle oor toekoms van Paradisepark ‘op die tafel’

Inwoners van Paradisepark het die ingryping van die Wes-Kaapse regering in hul situasie verwelkom.

Bonginkosi Madikizela, minister van menslike nedersettings, het Maandag 3 September die park ’n tweede keer besoek.

“Ek wil oplossings vir Paradisepark-inwoners híér vind, nie elders in die Overstrand nie,” het Madikizela gesê.

Madikizela het Maandag 27 Augustus met Dirk van Zyl, die regsverteenwoordiger van die oord se eienaar, vergader om voorstelle aan hom voor te lê wat die huidige inwoners op die grond sal akkommodeer.

Die eienaar is nog in die buiteland, maar sal Madikizela binnekort ontmoet.

“Ons het drie voorstelle om met die eienaar te bespreek om inwoners hier te huisves. Ons voorstelle aan die eienaar is om die park te ontwikkel vir gemengde gebruik.”

Hy het verduidelik die voorstelle is dus om nie net hoë-inkomstehuise te ontwikkel nie. Hy het inwoners se geduld gevra omdat ’n opname van inwoners en hulle situasies weereens gemaak moet word om presies vas te stel hoe die regering met behuising moet help. Die park benodig ook dringend nuwe infrastruktuur.

“Hierdie prosesse sal inwoners beslis ontwrig, maar dit moet gedoen word.”

Madikizela sê Van Zyl het aangedui die eienaar is bereid om die lewensvatbaarheid van die voorstelle te ondersoek.

Die inwoners appelleer tans teen ’n uitsettingsbevel en die saak is Maandag 12 November weer in die hof. Inwoners het Madikizela egter gevra om met die eienaar te praat en hom te oortuig om die saak te laat vaar. “Ek sal met die eienaar hieroor praat. Indien ons met dié onderhandelings voortgaan, moet die uitsettingsbevel teruggetrek word,” het Madikizela gesê.

Tracey-Lynne Henn, ’n verteenwoordiger van die inwoners, sê hulle voel beter oor die situasie ná Madikizela se besoek. Sy is egter skepties oor die hangende uitsettingsbevel. “Ons werk nou saam met Madikizela en Dudley Coetzee, die burgemeester van die Overstrand, om oplossings te vind.”

Van Zyl was as regsverteenwoordiger van die eienaar ook by die vergadering en het aan Hermanus Times gesê die eienaar wil graag oplossings vir die situasie vind en saam met die regering werk.

Hy sê daar is mense in Paradisepark wat werklik die hulp van die regering nodig het. “Daar is egter ook diegene wat tot ses huisies in Paradisepark besit en dit uitverhuur en ’n groot wins maak sonder om ’n finansiële bydrae tot die dag-tot-dag-bestuur van die park te maak. Daar trek ons die streep.”

Hy sê twee derdes van die septiese tenks in die park is nie aan die stelsel gekoppel nie en die parkeienaar verwyder nou die riool.

“Van die inwoners lewer geen bydrae tot die kostes nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.