Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
1ste Hemel-en-Aarde-marathon hier

Altesaam 2 100 atlete gaan Saterdag 29 Febru­arie aan die heel eerste Hemel-en-Aarde-marathon deelneem.

Dié 42 km-wedloop is ’n welkome toevoeging tot die jaarlikse hardloop­kalender en dien ook as ’n kwalifise­rende wed­loop vir die Twee Oseane en die Comrades. Die wedloop word deur Wietse en Wilna van der Westhuizen gereël in samewer­king met die nuutge­stigte Caledon-atletiekklub. Wietse het al meer as 45 jaar hardlooponder­vinding en is ’n gesoute wedloopkoör­dineer­der.

Die wedloop begin om 06:00 by die Hoër­skool Overberg. Atlete volg dan ’n roete van omtrent 7 km deur die dorp voordat hulle op die pragtige Hemel-en-Aar­de-pad na Hermanus hardloop.

“Caledon en Hermanus vind baat by dié geleentheid omdat atlete van heinde en ver na die omgewing kom. Gastehuise is reeds volbespreek,” vertel Wietse.

Reëlings is getref dat die meeste voertuie by die Whale Coast Mall in Hermanus geparkeer sal word. Atlete word daarvandaan per bus na die wegspringplek by Hoër­skool Overberg vervoer.

Die wedloop eindig op die grasperk voor Whalehaven Winery. Na afloop van die wedloop sal die atlete en hul ondersteuners die gasvryheid van The Brewery kan geniet. “Baie moeite word gedoen om die atlete tuis te laat voel.”

Atlete wat in Caledon tuisgaan, registreer Vrydagaand by die hoërskool en kry hul wedloopnommers daar.

Veilige parkering is op die oggend van die wedloop by Laerskool Overberg beskikbaar.

Die Hoërskool sal vroegoggend al koffie aan die hardlopers en ondersteuners beskikbaar stel.

Die kaart dui die roete aan wat deur die plaaslike en provinsiale verkeersafdeling goedgekeur is.

Wietse sê teen 07:00 behoort byna al die hardlopers buite die dorp te wees.

“’n Waterpunt sal elke 3 km op die roete beskikbaar wees waar atlete Coke en water sal kry.”

Wietze doen ’n beroep op sake-ondernemings wat graag van hierdie uitstekende bemarkings­geleentheid gebruik wil maak. “Alle voorraad, tafels en glasies word gratis voorsien. Al wat nodig is, is agt tot 12 begeesterde mense om die hardlopers aan te moedig en hul onderneming se naam uit te dra. Enige adver­tensie­materiaal kan na harte­lus gebruik word.” As jy betrokke wil raak en bystand by ’n waterpunt wil verleen en só jou onderneming wil bemark, kan jy die organiseerder, Wietse van der Westhuizen, by hemelenaardemarathon @gmail.com of by 083 656 2009 kontak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.