Hermanus se rolbal-sakeliga het die afgelope Maandag begin met 42 spanne wat al van dag een af baie kompeterend is.
Volgens die woordvoerder bepaal die eerste paar dae se spel wie speel teen wie – met ander woorde spanne wat min of meer dieselfde uitslae kry sal teen mekaar speel om dit meer regverdig te maak.
Die vier topspanne ná die eerste dag se spel was Whale Talk Magazine, Proport Construction, Table Tigers 41’s, Standard Bank.
Volgens Lizette Anderson, een van die organiseerders, was verlede jaar se wenners van divisie A: Maintenance Man. Table Tiger 41’s was die wenners van divisie B terwyl Buco se B-span koning gekraai het in divisie C.
Volgens Lizette is dit moeilik om die gunsteling uit te wys omdat rolbal wissel van dag tot dag. “So, as een span vandag sterk is, is daar geen kans om te bepaal of hul die volgende dag weer so sterk gaan wees nie.
“Daar heers ’n wonderlike atmosfeer by die liga en na die eerste paar dae sien ek vreeslik uit na die res van die liga,” sluit sy af.