Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Boland-Kavaliers bou voort op goeie begin in reeks

Die Boland-Kavaliers het die afgelope Saterdag (4 Mei) voortgebou op sy goeie begin tot die SuperSport-rugbyuitdaagreeks vanjaar toe hy die Toyota Vrystaat Cheetahs XV met 21-10 in ’n opwindende kragmeting in Paternoster afgestof het.

Die Kavaliers het al sy punte in die eerste helfte aangeteken. Dit het drie drieë ingesluit wat aan die tuisspan ’n voorsprong van 21-0 met rustyd besorg het.

Die driedrukkers was Adriaan Ludick, Tapiwa Tsomondo en Michain Fick en al drie doele is deur die losskakel Garrick Mattheus aangeteken.

Die Cheetahs het egter nie gaan lê nie en goed in die tweede helfte teruggeveg met Jamba Ulengo en Boan Venter wat drieë aangeteken het.

Dis was egter te min en te laat en die Kavaliers, wat uitstekend vertoon en veggees gewys het, het die wedstryd teen die Vrystaters gewen.

Die Kavaliers is nou tweede op die suidelike punteleer van die SuperSport-uitdaagreeks met die Westelike Provinsie in die eerste plek.

Die Boland-Kavaliers meet 11 Mei weer kragte teen die Grens Bulldogs in Oos-Londen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.