Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Bydraes sal seun oorsee stuur

Vincent Bischoff, ’n 13-jarige Laerskool-Hermanus-leerder, is in ’n toprugbyspan opgeneem wat in September ’n toer in Ierland sal onderneem.

Vincent se skool het aan die Eike­stad Daglig-spreiligtoernooi in Stellen­bosch deelgeneem waar Vincent as lid van ’n geselekteerde span vir hierdie toer aangewys is. Nog ’n leerder van Laerskool Hermanus is ook as ’n speler vir hierdie span gekies.

Nic Bischoff, Vincent se pa, voer aan dat sy seun maar slegs sedert Februarie hierdie jaar rugby begin speel het.

“Ons het in Desember verlede jaar van Pretoria na Kleinmond verhuis. Vincent het judo en stoei as sportsoorte in Pretoria beoefen, maar ons kon nêrens in die Overberg klubs kry wat hierdie sportsoorte aanbied nie.”

Nic vertel dat Vincent toe ’n belangstelling in rugby gekweek het en het tot sy verbasing heel goed daarin gevaar.

“Hy blink veral uit as regtervleuel en senter en het ook sy Noord-Gauteng en SA kleure in judo behaal,” vertel Nic trots.

Nic sê hulle is nie heeltemal seker watter keurders Vincent gekies het nie, maar dat hulle alle korrespondensie in verband met die toer in Ierland deur Travel and Sport, ’n internasionaal bekende toeroperateur, ontvang.

Die “Stellenbosch u.13 Invitational Rugby Tour to Ireland”, die toernooi waaraan Vincent en sy spanmaats sal deelneem, sal van 26 September tot
5 Oktober gehou word en die koste beloop ’n aardige bedrag.

Wihan Bester, bemarkingsbestuurder van Travel and Sport, bevestig dat die toer R32 770 kos en dat dit belasting, vervoer en versekering insluit.

“Die bedrag is sonder ’n bietjie sakgeld vir Vincent om te spandeer as hy in Ierland is,” het Nic gesê.

Nic vertel voorts dat hulle tans skenkings nodig het om die volle bedrag vir die toer te kan bybring.

“Ons wil graag Vincent se droom bewaarheid om oorsee te gaan rugby speel. Sy harde werk en liefde vir sport is duidelik, veral as ek terugkyk op al sy vorige prestasies.

“En rugby, wat hy nooit vantevore gespeel het nie, waarin hy in so ’n kort tydperk uitblink en ’n kans gekry het om sy kennis oor dié sportsoort te verbreed, maak my trots om sy pa te wees,” het Nic vol waardering gesê.

Vincent word op die oomblik deur sy pa afgerig en hulle het net een doel voor oë en dit is om hom behoorlik gereed te kry vir die rugby wat hy oorsee sal speel.

Hy woord ook gedurende skooltyd deur twee afrigters van Laerskool Hermanus touwys gemaak.

“Ek is vreeslik opgewonde oor die geleentheid en ek sal dit ten volle benut,” het dié rugby-uitblinker vertel.


Vincent se familie samel tans geld in vir sy toer na Ierland. Neem gerus deel aan ’n lootjiekompetisie waarin lekker pryse gewen kan word. Vir meer inligting, bel Nic Bischoff by 076 710 1231 of Naomi van der Merwe by 083 262 7294.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.