Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Covid-19-pandemie lei tot streng verbod op alle BRU-wedstryde

Met die land wat nou effektief ’n koronavirus-pandemie ervaar, het Boland-rugbyunie (BRU) aangekondig alle klubwedstryde en oefeninge is tot 14 April opgeskort.

Ivan Pekeur, president van die BRU, het ook genoem die wedstryde in die klubkom­petisie sal hopelik teen 25 April hervat. Hy het genoem dat rugby­spelers individueel kan oefen, maar groepoefeninge is taboe.

“Die Gold Cup-uitspeel­wedstryde sal slegs voortgaan ná verdere oorweging en besprekings.

“Boland sal alle vergaderings tot 14 April vermy en as die tydperk verleng word, sal ons die klubs dienooreen­komstig inlig,” het Pekeur gesê.

Hy het bygevoeg dat alle kursusse wat deur die BRU aangebied word, opgehef word en verdere aankondigings sal ná 14 April gedoen word.

Pekeur het ook gesê alle vrouerugby word ook tot ’n latere kennisgewing opgeskort.

“Die Boland-rugbyunie vra en pleit by klubs en lede om hierdie maatreëls te respekteer en instand te hou. Geen verdere aansoeke vir vriendskaplike wedstryde sal goedgekeur word nie,” sluit Pekeur af.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.