Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
G-boys fnuik span

Hawston se sportterrein was weer tot oorlopens toe vol toe Hawston Skrik vir Niks en Grabouw se G-boys mekaar die stryd Saterdag 28 Julie aangesê het.

Dit was die tweede wedstryd van die tweede ronde in die Overberg se Grootuitdaagbeker en die spanne het hul staal in dié strawwe wedstryd gewys.

Skrik vir Niks het die wedstryd op sy tuisveld teen
G-boys met ’n skamele drie punte verloor. Die telling was 29-26 en almal wat teenwoordig was, sal saamstem dat die spanne alles in die stryd gewerp het om met die louere weg te stap. Davie Lawrence, ’n passievolle Boland- en klub-rugbyondersteuner, voer aan dat die wen vir Grabouw se
G-boys teen alle verwagtinge gekom het.

“Hawston het die afgelope seisoen so goed gevaar en die verloor teen ’n span wat laer af op die punteleer lê, was onverwags.”

Nietemin sal Skrik vir Niks sy eerste plek op die punteleer behou en is hy nou vier punte voor Black Leaves van Gansbaai, wat in die tweede plek lê.

Lawrence is van mening Skrik vir Niks het steeds goed in die wedstryd gevaar. “Westley Spandiel, Christo Arendse, Cameron Plaatjies en Chad Kleinsmidt was vuur en vlam en het almal drieë gedruk.

“Roland Swarts het met twee doelskoppe geslaag, waarna Bradley Brown een doelskop oor die pale, in Skrik vir Niks se guns, gestuur het.

“Grabouw se puntemakers was Keanu Matthews, Heinrich Meintjies, Dimitri Noble en Jaydin Kennedy, wat elk die bal oor die doellyn geplant het,” het Lawrence gesê. Hy verduidelik dat Grabouw met ’n strafdrie beloon is en dat sy skopper, Dimitri Noble, ook met ’n doelskop die span se telling laat styg het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.