Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
G’n genade vir Botrivier

Genadendal het Botrivier verlede naweek goed afgeransel en met 32-17 geseëvier.

Botrivier, wat onderaan die Grootuitdaag-punteleer lê, moes die knie buig voor Genadendal wat sesde op die punteleer is.

Botrivier het al vier wedstryde agter die blad, maar het nog nie een kragmeting gewen nie. Dié span kon net daarin slaag om 34 punte aan te teken in vergelyking met altesaam 217 punte wat die afgelope vier wedstryde teen Botrivier aangeteken is.

Hawston Skrik vir Niks het na Grabouw gereis en Safcol met 26-16 gelooi.

Black Leaves van Gansbaai het Rangers van Bredasdorp met 31-22 geklop.

Grabouw het met 25-31 teen Caledon verloor.

Ná ’n loslootjie kom Atlantics hierdie week op sy tuisveld teen Botrivier te staan.

Hawston Skrik vir Niks sal ook op sy tuisveld teen Black Leaves van Gansbaai kragte meet.

Hawston Skrik vir Niks het al vier sy wedstryde tot dusver gewen en is boaan die punteleer met Bredasdorp se Rangers tweede en Grabouw derde. Atlantics, wat twee van sy drie wedstryde verloor het, is sewende op die punteleer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.