Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Hawston klop Grabouw

Om Grabouw op sy tuisveld te klop, sit nie sommer in enige span se broek nie. Dis waarom Hawston Skrik vir Niks se 25-23-oorwinning so spesiaal vir die span is.

Die wedstryd tussen die twee spanne het soos altyd ’n groot skare gelok en almal was reg om rugby uit die boonste gestoeltes te beleef.

In die eerste helfte het Gordon Thomas, die loskopstut van Hawston, ’n drie gedruk en Roland Swarts het dit verdoel.

Grabouw het gou gewys wat in hom steek met ’n verdoelde drie en twee strafskoppe. Dit telling was toe 13-7 in Grabouw se guns.

Grabouw se uitspeel-droom is verlede week in die wiele gery toe hy vasgeval het in Bredasdorp, maar Hawston het egter nog ’n geleentheid gehad om weer bo te eindig mits hy hierdie wedstryd teen Grabouw wen.

Dit was asof daar nuwe lewe in Hawston geblaas is met die begin van die tweede helfte.

Branden Hunter (flank) en Thandolwethu Mayekiso het elk ’n drie vir Hawston gedruk, maar Swarts was net in die kol met een van die doelskoppe. Hy het egter twee strafskoppe deur die pale gestuur.

Grabouw het daarna ’n verdere tien punte aangeteken, maar dit was te min, te laat en Hawston het as die oorwinnaars met twee punte uit die stryd getree. Die komende naweek speel Hawston op sy tuisveld teen Genadendal, so trek jou blou trui aan en kom ondersteun die manne.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.