Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Hawston skrik g’n

Saterdag 12 Augustus het ’n strawwe wedstryd op Hawston se Bospark plaasgevind.

Hawston Skrik vir Niks (SVN) en Black Leaves van Gansbaai, wat tans die twee sterkste spanne in die Over­berg-streek se Grootuitdaag­beker is, het teen mekaar kragte gemeet.

Ondersteuners het uit hul pad gegaan om hul spanne aan te moedig.

Dit het telkemale gelyk of Hawston in die stof gaan byt, want elke keer as hul punte aangeteken het, het Gansbaai met ’n drie of ’n doelskop geantwoord.

Die telling deur die verloop van die wedstryd was baie naby mekaar, maar Skrik vir Niks het op die ou einde as die wenners uit die stryd getree toe hul Black Leaves met 35-23 geklop het.

Dié oorwinning plaas Hawston weer bo-aan die punteleer.

“Dié span loop nou met agt punte voor en met net vier wedstryde oor lyk dit of Skrik vir Niks weer koning in die Overberg-streek gaan kraai,” vertel Davie Lawrence, getroue rugbyondersteuner wat nie sommer ’n wedstryd misloop nie.

Skrik vir Niks se welver­diende drieë is gedruk deur die spoedvraat, Gavian Cloete, die ewe vinnige Westley Spandiel, vlugvoetige Chad Kleinsmidt, kaptein Brendon Hunter asook die kragtige Gordan Thomas.

Bradley Brown het sy skop­skoene aangehad en het al vyf drieë verdoel.

“Hierdie wedstryd was ook spesiaal vir Skrik vir Niks omdat een van ons getroue ondersteuners én iemand wat baie vir die span beteken het, die oggend voor die wedstryd oorlede is. Caroline “Kalla” Benjamin se seun Marvin Benjamin het ondanks sy ma se afsterwe steeds trots vir die eerste span uitgedraf,” het Lawrence gesê (lees meer op bladsy 12). Verder lyk dit nie asof daar nou enige keer aan dié vasberade span is nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.