Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Hawston struikel amper in stryd

’n Bietjie roes en te veel oefensessies op Hawston se strand het veroorsaak dat Hawston Skrik vir Niks ’n eenpunt-oorwinning teen Bella Vista behaal het.

Anton Esau, Hawston SVN se afrigter, vertel dat hy trots is op sy span met sy tuisoor­win­ning van 35-34 die afgelope naweek teen Bella Vista van Ceres.

“Ons span is totaal en al verroes in die skrums en in ons verdediging. Die ander ding wat in die besoekers se guns getel het, is dat dit die span se derde wedstryd vir die jaar is terwyl dit ons eerste wedstryd is,” sê Esau.

Hy bieg dat Bella Vista die beter span op die veld was en dat dit ’n bonus vir Hawston was om die wedstryd te wen.

“Ons het ook nuwe kombi­nasies getoets soos deur te eksperimenteer met van ons tweede span se spelers. Maar uiteindelik dink ek die gereel­de strandoefensessies het ons skrums en ons spel beïnvloed – al het dit ’n goeie uitwerking op ons fiksheid gehad.”

Maar die tuisspan wat nie al sy geleenthede gebruik het nie, het steeds ware karakter getoon toe hy die wedstryd gewen het. Die komende Saterdag speel die span weg teen die Happy Hearts.

“Die Happy Hearts is ’n span met ’n groot borg wat baie spelers het wat semiprofessioneel speel. Dis ’n span wat ons tot ons uiterstes gaan toets,” sê Anton.

Voor die wedstryd sal die spelers eers moet werk aan hul skrums en hul dissipline.

“Ons het 13 strafskoppe afgestaan en tien uit die 15 skrums het Bella Vista gewen.

“Ons het nie so goeie vertoning in die skrums gehad nie en Hawston is een van die top­spanne as dit kom by skrums. Maar ek is nie bekommerd nie ons het die jaar met ’n wen begin en gaan elke wedstryd ons harte uit speel.”Hawston SVN speel die komende naweek in ’n rugby-toernooi in George waar die span hopelik sy skrum- en verdedigingsvaardighede sal opskerp.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.