Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Hermanus ról

Die Boland Ope-viere vir mans en vroue is ’n nuwe toernooi op die Bolandse rolbalkalender en met die vroue-eindronde wat Saterdag in Worcester gespeel is, was dit ’n uitgemaakte saak dat ’n span van Hermanus met die louere gaan wegstap.

Altesaam 40 vroue-viere-spanne van so ver as George en die Weskus het deelgeneem, onder wie vier vrouespanne van Hermanus.

Die toernooi het verlede Woensdag begin. Wedstryde is in ’n round-robin- formaat oor drie dae gespeel en die uitklopwedstryde is Saterdag afgehandel.

Die finaal was tussen twee Hermanusspanne. Die wenspan was Louise Roediger (skip), Elsie McGeoch, Anneke Thorpe en Sonja Kruger wat die span bestaande uit Tish Bryce (skip), Jean Greyling, Amanda Meyer en Glenda Theobald geklop het.

Die Boland Ope mans-viere het gister begin en dit volg dieselfde formaat. Voorspoed Hermanus-manne!

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.