Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Mignon ’n raakvatter

Mignon van Zyl van Curro Hermanus is as die Junie-kandidaat vir Hermanus Times se SuperSport-Let’s Play-kompetisie aangewys.

Mignon, ’n graad 6-leerder, speel ook vir die o.13-span netbal, maar sy blink in veral karate uit.

Sy het in Februarie vanjaar ook Suid-Bolandse atletiekkleure in hoogspring verwerf.

Wat karate betref, het Mignon haar Protea-kleure (SA kleure) vanjaar verower.

Sy het as lid van die Protea-span verder presteer en medaljes op nasionale en internasionale vlak gewen.

“Die skool is werklikwaar trots op Mignon se prestasie,” het Gustav van Wyk, die hoof van sport by Curro Hermanus, gesê.

Hierdie raakvatter-leerder het aan die begin van die jaar – Saterdag 27 Januarie, om presies te wees – aan die Wes-Kaapse (voorheen Westelike Provinsie) “All Styles”-karateproewe deelgeneem waar sy ’n bronsmedalje in die ouderdomsgroep vir meisies 12-13 jaar, o.45 kg kumite verwerf het.

Mignon is ook ’n lid van die Wes-Kaapse provinsiale span wat van 17 tot 20 Mei aan die Arnold Classic-nasionale karatekampioenskap in Sandton deelgeneem het.

Dié karate-ghoeroe was hierdie jaar weereens ’n finalis in die junior sportvrou van die jaar

-plegtigheid, wat Saterdag 25 Augustus in die Ou Mutual-sportsentrum in Pinelands gehou is.

Sy is verlede jaar as die wenner in die dieselfde kategorie aangewys.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.