Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
’n Albatros vir die Kleinmond-gholfbaan

Die Kleinmond-gholfbaan is onlangs as Boland-gholfunie se klub van die maand aangewys.

Maar wat is die wenresep en wat maak die gholfbaan en klub so spesiaal?

Dié nege-putjie-baan is in 1992 amptelik geopen nadat 30 gholfgeesdriftiges in die dorp in 1988 besluit het die dorp moet sy eie gholfbaan kry.

Bill Steyn, klubkaptein by Kleinmond-gholfbaan, sê dis ’n groot eer vir die klub om erkenning van die Boland-gholfunie te kry.

“Ons as ’n nege-putjie-gholfbaan se ledetal het die afgelope tyd aansienlik tot omtrent 500 lede gegroei. Ons lede kom van Hermanus, Botrivier en Grabouw. Verder het ons verskillende soorte lidmaatskap omdat baie van ons lede van ander plekke af kom,” sê Steyn.

Hy sê die klub werk hard om die gholfbaan so mooi en speelbaar as moontlik te kry.

Die Boland-gholfunie stem saam dat die gholfbaan deur die jaar in ’n puik toestand is.

Abrie Swanepoel, die direkteur van gholf by die Boland-gholfunie, sê ’n ander uitstaande kenmerk van die baan is die skoonheid van die omgewing – die pragtige Kaapse flora soos proteas en fynbos maak dit ’n spesiale plek.

“Die baan bied ook pragtige see- en berguitsigte. In 2007 is Kleinmond se baan deur die gholf-tydskrif Compleat Golfer as die derde beste nege-putjie-gholfbaan in Suid-Afrika aangewys,” het hy bygevoeg.

Volgens Swanepoel is die Kleinmond-gholfklub so suksesvol omdat die klub baie besoekersvriendelik is.

“Die uitgangspunt van die klub is om altyd te probeer dat besoekers (asook lede) elke keer wanneer hulle speel, ’n besondere ervaring beleef. Alle lede van die klub geniet die­selfde speelregte wat klub-kompetisies betref en die klub is baie trots daarop dat vroue en mans op gelyke voet in al die klubkompetisies kan meeding,” sê Swanepoel.

Hy beskryf die gholfbaan as ’n waardevolle bate vir Kleinmond.

“Dit is alles moontlik gemaak deur die deurlopende geesdrif en toewyding van die Kleinmond-lede asook die komitee,” voeg Swanepoel by.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.