Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Niemand daag op vir vergadering

SA Rugby het in die middel van Oktober aangekondig amateur-rugby kan hervat, maar Covid-19-regulasies bemoeilik die saak.

Boland-rugbyunie (BRU) het op 6 November aangekondig dat die November-vergadering nie meer gaan plaasvind nie as gevolg van onvoldoende geriewe by Boland-stadion, skoolsale wat nie beskikbaar is nie en virtuele vergaderings wat heeltemal buite die kwessie is.

Die vergadering is egter ’n belangrike byeenkoms, want een van die groot punte op die sakelys is die bespreking van 2021 se klubkompetisie.

In dié skrywe vra Ivan Pekeur, president van die BRU, sy lede om per e-pos aan te dui of die klubkompetisie vir 2021 kan hervat.

“Ons moet van ons klubs ’n aanduiding kry of die klubkom­petisie vir 2021 herbevestig is, anders sal ons nie volgende jaar kan rugby speel nie,” sê Pekeur.

Volgens Pekeur het die klubs tot einde Januarie om te bevestig of die klubkompetisie kan begin.

Maar dis nie net BRU wat sukkel om vergaderings te hou nie. Onlangs het die Hawston Skrik Vir Niks-rugbyklub ook probleme van sy eie gehad toe niemand vir ’n vergadering opgedaag het nie.

Volgens Anton Esau, afrigter van Hawston Skrik vir Niks, is ’n verga­dering vir die afrigters en bestuur vir 18:00 op 5 November geskeduleer, maar niemand het vir die vergadering opgedaag nie. “Dit lyk maar donker, want niemand het opgedaag nie. As ons nie ’n definitiewe datum het waarop die klubkompetisie gaan begin nie, gaan ons sukkel om ons spelers te motiveer,” sê Esau.

Hy sê dit gaan ’n tydjie neem voordat alles weer gereed is, en dit is moeilik om vas te stel wanneer die spelers weer aan die gang gaan kom. “Soos dinge nou lyk – as daar nog nie ’n entstof is nie – gaan dit ’n tydjie vat. Dit kan Junie of selfs eers Augustus volgende jaar wees. Dis baie moeilik om te bepaal,” sê Esau.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.