Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Niks kry dié speler onder nie

’n Jong sportman van Hawston het gewys dat niks hom onderkry nie – dié rugbyspeler het selfs met ’n gebreekte gewrig aanhou presteer.

Percy Basson (16), wat tans ’n gr. 10-leerder aan HTS Drostdy in Worcester is, se lewe is rugby.

Percy, wat tans buitesenter vir sy skool as A-span speel en ook in die Boland se o.16- en o.17-rugbyspan opgeneem is, is baie vinnig op sy voete en hy is ’n kenner in dié posisie.

“Ek speel al van jongs af rugby. My pa vertel my ná my geboorte het daar vir my ’n rugbybal op my bed gewag. Van daardie tyd af, was rugby deel van my lewe,” sê Percy.

Hy het vanjaar ook vir die SA o.16-skolespan gekwalifiseer en verlede week het hy begin met opwarmings­wedstryde vir dié span.

“My droom is om volgende jaar in die SA o.18-span opgeneem te word. Ek wil eendag ’n sakeman word én die Groen-en-Goud oor my kop trek.”

Percy, wat vanjaar ook vir die Boland in die Grant Khomo-week gespeel het, het vroeër sy gewrig gebreek. Volgens die dokters moes hy vir agt weke buite aksie wees, maar dié jongman met die sterk wilskrag het besluit om deur te druk.

“Vir my is rugby meer as net ’n sport; dis die geleentheid om saam as ’n span te speel. Dis die vibe van ’n wedstryd en om jou alles te gee op die veld.”

Sy raad vir jong, opkomende rugbyspelers is om altyd hard te werk en net jou beste te gee.

“Vat al die moeilike tye van jou verlede saam met jou en gebruik dit om van jou ’n beter speler en ’n beter mens te maak. Onthou net – jou beurt sal kom. Byt vas, glo en vertrou,” sluit hy af.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.