Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Overberg mans jaag hul doel na

Die senior mansnetbalspan van Overberg is gekies om in Oktober aan die Suid-Afrikaan­se kampioenskap vir mans in Durban deel te neem.

Die toernooi begin 6 Oktober vanjaar en verskeie spanne sal vir ’n week lank dit uitspook om die beker huis toe te bring.

Antonio Booysen, ’n speler sowel as ’n skeidsregter, voer aan dat dit ’n groot eer is wat hom en die span te beurt geval het.

“Ons is baie opgewonde en kan nie wag om ons beste te gee nie,” het hy gesê.

Hy vertel dat hy moes kies tussen om ’n speler of skeidsregter te wees, maar dat hy uiteindelik gekies het om te speel in die toernooi omdat sy liefde vir die sport te groot is.

“Ek en baie ander lede van die span is al besig om geld vir die vliegkaartjies en verblyf in Durban te spaar,” het Booysen gesê. Die span, onder leiding van afrigter Alzeen Vlotman, wat ook die Overberg-vrouenetbalspan afrig, is opgewonde oor wat die toernooi vir hulle sal inhou later vanjaar.

Die span het egter nog borge nodig om te help om die toer ’n werklikheid te maak.

As jy die span wil help, kontak Berlitia Vollenhoven by 083 552 6584.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.