Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Sakeliga raak groter

Sedert die eerste sakerolballiga in 2002 in Hermanus begin is, gaan dit net van krag tot krag.

Dié inisiatief is deur Pieter Loots en George Erasmus van stapel gestuur. Die gewildheid van die sakeliga het te doen met die bou van spangees, om nuwe vriende te maak en om in ’n gees van kameraderie sake op ’n gelyke speelveld buite die kantoor uit te spook.

Spanne van verskeie sakeonder­nemings in Hermanus en omgewing neem deel oor ’n tydperk van ’n week, ná werk van 17:00 tot 19:30. Elke span het ’n gelyke kans om te wen, want spanlede is nie ervare rolbalspelers of lid van ’n rolbalklub nie.

Op die drie bane van die klub kan 42 spanne van vier elk gehuisves word en sedert 2015 is Renée Fullard die koördineerder. Ander klublede dra by deur as spanbestuurders op te tree vir die tydperk van twee weke – een week vir oefen en een week van kompetisie. Daar is ook ’n span wat in beheer is van die ligte etes en die kroeg bly baie besig tot laataand. Die toernooi genereer geld vir die Hermanus-rolbalklub en die klub waardeer die ondersteuning.

’n Groot dankie aan al die borge, veral Warwick Financial Maturity en Rola VW Hermanus, die deelnemende sake­ondernemings, die spanbestuurders en almal wat help om die sakeliga ’n hoog­te­punt op die klub se kalender te hou.

Die eindstryde is Vrydag 1 Februarie gespeel.– Cilene Bekker

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.