Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Salem-sokkerspanne seëvier

Salem United se o.9- en o.13-spanne het verlede naweek koning gekraai in die Hermanus junior sokkerliga-wedstryde wat op Mount Pleasant gespeel is.

Die o.9-span van Salem het 3-1 met Sandbaai afgereken en die o.13-span het Mountain Birds 4-1 kafgedraf.

Barcalona se o.9-span het Young Mighty Stars op hul neus laat kyk met ’n telling van 2-0. Die wedstryd tussen die o.13-spanne van Mountain Birds en Young Mighty Stars het gelykop geëindig met vier doele elk.

In die meisies se wedstryd het JustCare Ladies die Lady Birds 4-3 geklop.

Die spanne sal Sondag 14 April van 09:00 af weer op die Mount Pleasant-sportveld in aksie wees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.