Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Streekkampioen kort borge

Die Overberg-streekkampioen vir 2019, Hawston Skrik vir Niks RVK, vra die inwoners se hulp om ’n rugbytoer na George in Februarie moontlik te maak.

Hawston SVN se voorsitter, Godfrey Matinka, verduidelik dat die klub R50 000 benodig om die 46 klubspelers se uitgawes te dek vir die toer wat die naweek van 14 tot 15 Februarie gaan plaasvind.

“Die is ’n goeie geleentheid vir ons klub om vir die komende rugby­seisoen voor te berei,” sê Matinka.

Volgens hom is Hawston SVN een van die spanne in die liga wat die mees vasberade is om die titel te wen en die spelers werk hard om hul droom te verwesenlik.

“Ons het ’n strawwe 2019-seisoen gehad, want borgskappe was nie volop nie. As die klub se besturende komitee wil ons die beste vir ons spelers gee, want hulle bring die hele gemeenskap saam. Ongelukkig is ons afkomstig van ’n minderbevoorregte gemeenskap en ons as ’n klub kan nie finansieel ons spelers ondersteun nie,” voeg hy by.

. Die voorsitter vra rugbyliefhebbers, ondersteuners en sake-eienaars om hom te bel by 072 823 0043 indien hulle ’n bedrag wil skenk vir die komende toer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.