SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Sport
Top-duiweboere in Hawston vereer

Middelvlei Posduifklub van Hawston het die trofee as die beste klub by die Overberg-posduifunie se prysuitdeling ontvang.

Lucian Jacobs, die klub se voorsitter, het die trofee namens die klub ontvang. Jacobs sowel as verskeie ander lede van die Middelvlei-posduifklub, onder wie die Bucchianeri-broers en Owen Dunsdon, het pryse vir hul duiwe se prestasies ontvang.

Duiweboere van Caledon, Caledon-Wes, Grabouw, Bredasdorp, Hermanus, Gansbaai en Middelvlei se klubs het die geselligheid, wat Saterdag in Hawston gehou is, bygewoon.

Willem Smith van die Caledon-Wes-posduifklub het die bekers behoorlik ingeryg.

Smith, wat onder die vaandel van WM Smith vlieg, is as die unie­kampioen, die ope-kampioen, die langpad- algehele kampioen, die langpad- ope-kampioen, die middelpad- algemene kampioen en die middelpad- ope-kampioen gekroon. Hy het ook pryse vir individuele wedvlugte gewen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.