Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Universals vereer presteerders

Universals Rugbyklub van Stanford, wat sy 120ste bestaansjaar in 2019 vier, het sy manne wat die afgelope jaar in aksie was, by sy prysuitdeling vereer.

Die jaarlikse prysuitdelings­geselligheid is Saterdag 8 Desember gehou en spelers wat in wedstryde (die rugbyseisoen) uitgeblink het, is vir hul harde werk beloon.

Mondean Mars is as die beste voorspeler van die eerste span aangewys en Joswin October as die beste agterspeler van die eerste span.

Die tweede span se beste voorspeler was Adri Dunsdon, terwyl die beste agterspeler Julian James (kaptein) was. Die spelers wat die beste gevorder het, was Craig Loff en Cullen Moos. Dan was daar ook die beste opkomende speler wat aan Donnel Titus toegeken is. Die sportman van die jaar-titel is aan niemand anders nie as Mautomer Arendse (eerstespan-kaptein), toegeken.

’n Nuwe bestuurskomitee vir 2019 is gekies: voorsitter – Ferdinand Dreyer, ondervoorsitter – Lawrence Lukas, sekretaresse – Isholene Dickson, hulpsekretaris – Daniel Pieters, tesourier – Clint Fester, hulptesourier– Theresa November, wedstryd­sekretaris – Henry Spandiel en die bykomende lede – Stacy Appel, JC Arendse en Mondean Mars.

Isholene Dickson sê hulle beoog om aanstaande jaar die rugbyklubs van hul buurdorpe na Universals se 120ste verjaarsdagvieringe te nooi.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.