Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Universals vier 120 jaar

’n Klub se 120ste bestaansjaar is iets merkwaardig; dís waarom Universals RVK van Stanford die afgelope naweek ’n behoor­like verjaardagpartytjie gehou het.

Die fees is Vrydag 30 Augustus met ’n modelkompetisie afgeskop wat baie belangstellendes gelok het. Een van die modelkompetisie se beoordelaars was die bekende Maria Valente de Almeida (beter bekend as Samantha van Arendsvlei).

Die volgende dag is ’n optog van die taxistaanplek in Dreyerstraat af deur Oukrale en die dorp en weer deur die driffie tot by die rugbyveld in Kannemeyerstraat gehou.

Die staptog deur die dorp is deur die brigade van Hawston begelei en almal is deur die klub se voorsitter, Ferdinand Dreyer, verwelkom.

Die burgemeester, Dudley Coetzee, en Bennie van Rooyen van die Boland-rugbyunie was ook by die staptog deur die dorp betrokke.

Die skare het al vroegoggend buite Universals se rugbyveld parkeer met die hoop om ’n lekker sitplek binne te kry. Die musiek het net ná 10:00 hard begin speel en teen 11:00 het die o.13-spanne van Die Bron Primêr teen Laerskool Okkie Smuts uitgedraf.

De Bron het die wedstryd met 34-19 gewen. Langs die veld was daar kos en lekkernye vir Afrika en die braaivleisvure het groot rookwolke die lug ingestuur terwyl die reuk van boereworsrolle en hamburgers die rugbyspelers op die veld oordonder het.

Die eerste groot wedstryd van die dag was tussen Hawston en Universals RVK se tweede span. Hawston het met die wedstryd ’n gekombineerde tweede en derde span spelers uitgestuur omdat sy eerste span ’n bietjie rustyd vir die top12-toernooi wat die einde van September afskop, nodig het. Die wedstryd het 14 elk gelykop geëindig.

Verder het die Black Leaves vir Black Birds gewen met 24-14.

Die Universals A het ’n gekombi­neerde span van die Overberg met 62-19 geklop terwyl die Hermanus Old Boys met die Legends met ’n telling van 32-10 afgereken het.

“As voorsitter wil ek net baie dankie sê aan ons Hemelse Vader vir die suksesvolle naweek. Dankie ook aan ons gemeenskap, borge, besoekers asook besoekende spanne, die Overstrand-munisipaliteit, Stanford-buurtwag en almal wat ons fees ’n sukses help maak het. Laastens alle eer aan Universals se bestuur – dit is voorwaar ’n voorreg om saam met sulke behulpsame en trotse mense te werk,” het Dreyer gesê.

Universals het die naweek afgesluit met ’n kerkdiens die Sondag wat deur pastoor Romano Arendse van Hermanus gelei is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.