Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Weer op soek na sportsterre wat orals uitblink

As jy ’n talentvolle jong sportster is, kan die jaar 2020 vir jou ’n baie opwindende jaar word.

Suid-Afrika se voorste sportuitsaaier, SuperSport, het sopas weer bekend gemaak dat hy saam met die Hermanus Times op soek is na plaaslike jong sportsterre om te vereer. Dit is weer tyd vir die gewilde Let’s Play Sportster van die Jaar-kompetisie om ook in ons distrik af te skop.

Die kompetisie word al ’n paar jaar met groot sukses in samewerking met verskeie Bolandse koerante aangebied. Hoe werk dit?

Elke skool in die distrik – laer én hoër skole – kry die geleentheid om tot November elke maand ’n sportster vir die kompetisie te benoem. Die Hermanus Times en SuperSport se beoordelaars kies dan elke maand ’n wenner uit dié wat benoem is. Goeie prestasies, maar ook veelsydigheid, sal natuurlik in jou guns tel. Swem, karate, tennis, netbal, atletiek . . . alles maak saak.

Elke maand se wenner ontvang ’n ordentlike Let’s Play-geskenkpak (met kom­plimente van SuperSport) en ’n artikel en foto, net oor jou, in die Hermanus Times.

Aan die einde van die jaar word ’n algehele wenner, of Sportster van die Jaar, uit die maand­wenners gekies en by ’n heerlike gesel­ligheid aangekondig. Dié geselligheid word vir SuperSport opgeneem, so werk solank aan daardie glimlag.

Hoe nou gemaak?

Dis maklik om in te skryf. Vra jou skool of afrigter om jou te benoem met ’n kort opsom­ming van jou onlangse prestasies, asook jou kontakbeson­derhede en dié van ’n onderwyser of afrigter.Stuur inskrywings na Noluvu.Ludidi@hermanustimes.co.za

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.