Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Drankmisbruik ’n euwel wat bestry moet word

Ek, Chris Nieuwoudt van Stop Crime Before it Happens (’n sosiale mediagroep om mense in te lig oor misdaad in die gebied), en Sandbaai-inwoner Hanlie Britz, het op uitnodiging van die minister Dan Plato, ’n openbare werksessie oor die aanpassings van die Drankwet van 2011 in Caledon bygewoon.

Ook teenwoordig op 4 Februarie was verskeie rolspelers, onder andere die burgemeester van die Overstrand, die hoof van Overberg-polisie, brigadier Heilbron en afgevaardigdes van die Drankraad.

Ek het voorgestel dat geen alkoholiese drank op enige skoolterrein toegelaat moet word nie.

Kinders met dranksugtige ouers moet te alle tye hul ouers sonder enige vrees na ’n skoolgeleentheid kan nooi.

Verder het ek voorgestel dat die verkoop van drank vanuit winkels in residensiële gebiede hersien en verbied word.

Ek het die voorbeeld gebruik van ouers wat hard werk vir ’n skamele R150 per dag en wat met goeie voornemens by só ’n winkel instap. Die dranksug neem oor en dan word daar drank in plaas van kos gekoop.

Nog ’n baie relevante saak is wetgewing met betrekking tot loitering. Ek het gevra dat daar dringende aandag hieraan gegee moet word.

Polisiëring van so ’n omgewing waar dranksugtiges ronddwaal en bedel is uiters moeilik.

Verder het ek gevra dat die owerheid as sulks wetgewing moet formuleer.

Verder voel ek dat onwettige smokkelhuise summier toegemaak moet word.

Ek besef ook dat dit bykans ’n onbegonne taak is soos die situasie hom tans uitspeel, want verskillende rolspelers het verskillende verantwoordelikhede en gereeld val hierdie sake teen hierdie wet-ongehoorsames uit wanneer dit in die hof getoets word.

Dis kommerwekkend hoeveel drankverskaffers in ons omgewing is.

G’n wonder statistiek vertel dat ons van die hoogste drankmisbruiksyfers ter wêreld het nie.

Ons is nie eers ’n wynboudistrik nie!

Chris Nieuwoudt,
Sandbaai

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.