Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Hermies-hoof se deur staan vir almal oop

As ’n Hermie-ouer het ek net ’n paar gedagtes om te deel met nuwe ouers.

Hermanus Hoërskool bied ’n wye verskeidenheid van geleenthede aan elke leerder in die skool. Daar is ’n gees in die skool van passie en trots en respek. Hierdie eienskappe is nie vanself gevestig nie. Dit was ’n spanpoging tussen personeel, leerders en ouers. En die resultaat is ’n skool met kinders wat ‘n passie en ’n trots het vir hulle skool. En oor vyf jaar het ek gesien hoe hierdie eienskappe net sterker word.

My versoek aan graad 8-leerders se ouers, is dat julle groot asseblief probeer om julle kinders positief te beïnvloed vir hulle 5 jaar in Hermanus. Probeer betrokke raak by die aktiwiteite en help die OOV met geldinsamelings waar julle kan. Dit is baie algemeen dat so baie ouers sug, en nooit tyd het nie, en glo dat as hulle skoolgeld betaal, hulle genoeg doen. Dit is so verkeerd om so te dink. Deur positief oor die skool te wees, het jy ook ’n positiewe invloed op jou kind se houding teenoor die skool.

Ouers wat ongelukkig is oor gebeure by die skool, maak ’n afspraak met die skoolhoof, Greg Hassenkamp. Sy deur staan vir almal oop, en hy luister graag na opbouende kritiek, en positiewe bydraes.

Ons moet ons kinders weer begin leer om selfstandig en onafhanklik te wees. Ons moet ophou om te probeer intree vir ons kinders vir elke klein dingetjie. Hulle moet kan opstaan vir hulleself, want wanneer hulle skool verlaat, kan ons as ouers nie elke keer intree as dinge moeilik raak nie.

Leana King,
Onrus

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.