Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Pak daai koelboks en geniet ons mooie dorp – dis gratis

Liefste Hermanus-inwoners. Kom ons wees eerlik met mekaar. Die vakansiegangers het ons dorp baie meer geniet as ons.

Los nou eers die koorsagtige geldmakery, bakleiery en klaery, en kyk na ons omstandighede deur die oë van die mense wat duisende rande per nag betaal het vir die voorreg om hier in Hermanus te mag wakker word en alles sien om hulle. Manjifieke berg, blou see, goue strande, popmooi winkeltjies in antieke geboue en die mooiste van die mooiste groen areas propvol natuurlike plantegroei geskik vir feetjies en kaboutertjies kompleet met watervalle en dan nog sommer bobbejane ook op die koop toe. Ek het my verkyk aan die rustige mense met plakkies aan wat loop en roomys eet wyl hul dromerig kyk na al die mooi om hulle.

Daar was opgewondenheid oor nat lywe op die strand met voete in die water al soekend na ’n skulpie om op te tel. Kinders en honde speel uitgelate met ’n bal. Mooi lyfies en sommer ook ’n hele paar vetties het in die koue water laat waai. Nat hare, sand-voete en ’n breë glimlag laat spaander dat die skuim spat.

Ek het wakker geword. Ek sien nou alles weer raak. Ek eet elke naweek ’n roomys op die strand. My honde wonder wat gaan aan, want ons speel heerlik elke Saterdag. Ek werk aan my strandlyfie en sal een van die dae in die water kan baljaar. O ja, en wat kos dit alles? Dis gratis. Gratis geluk en vreugde, wat andere ’n klein fortuin kos vir ’n paar kosbare dae. Ek waardeer die ernstige ooms wat ons dorp op sy voete hou met reëls en die groot goggas soos misdaad binne perke wil hou en alles, maar moet net nie vergeet hoe lekker ons nou eintlik hier woon nie.

Kom ons laat waai op die strande wanneer ons van die werk af kom. Miskien is jy Saterdag af. Pak daai “cool bag” en geniet ’n slag ons dorpie.

Sussie Jooste,
Sandbaai

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.