Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Seeroog van vullis, stank en stoepsitters

Vanoggend het ek in my spore vasgesteek op pad na Clicks. Ek kon nie glo wat my oë weer moes aanskou nie. Dit gaan my verstand te bowe dat mense nog na die Spur gaan. Dit lyk en ruik so afskuwelik daar.

Afgekoude ribbene, leeggedrinkte “Cape-Style”-wynhouers in bruinpapier-sakke lê voor die ingang na Clicks / Spur.

En om alles te kroon is daar gereeld “stoepsitters”.

Op die hoek van Patersonstraat en die Hoofweg, by die Whale Coast-huisie, is die sypaadjie nie loopbaar nie – altans was nog nooit nie – en ná die laaste gebarste pyp is die stukke klippe en gemors nie ordentlik opgetel nie.

Om nie eens te praat van die rondlêers nie. Hul pluksels staan die hele wêreld vol. Net so vuil was dit onlangs in die hoek tussen die bottelstoor en Absa, waar vullis uitgekrap is. Hulle gaan ook toilet toe net daar waar hulle sit en lê. Genoeg is genoeg.

Dan noem die Overstrand-munisipaliteit dit ’n skoon dorp – dit is ’n afskuwelike vuil dorp. Die munisipaliteit kan tog seker die oortreders aanspreek, en die eienaars van die geboue en persele opdrag gee om te sorg dat dit skoon voor hul deure is. Algehele verval is so duidelik in Hermanus die afgelope tyd en dit is nie aanvaarbaar nie.

Teleurgestelde belastingbetaler,
hermanus

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.