Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Verbied honde op Sandbaai-strand

Na aanleiding van die afgelope twee briewe (“Dog poop in very old bamboo was sickening” en “Ou, vuil bamboes op swemstrand benadeel toerisme en sakesektor”, Hermanus Times, 2 Februarie 2017), die volgende: Ek dink dis tyd dat daar streng opgetree word teen honde-eienaars wat toelaat dat hul honde Sandbaai se strand en staproetes as toilette gebruik. Die nadele is al oor en oor in Hermanus Times uitgelig en gestaaf. Hiermee rig ek ’n ernstige versoek tot die munisipaliteit om onmiddellik daadwerklik op te tree en ten minste die honde op die strand te verbied. Maak Sandbaai ’n gerespekteerde, gesogte kusdorpie waarop almal trots kan wees.

M.V.R,
Sandbaai

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.