Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hermanus Times
Blaf erger as byt
k9

Die Wes-Kaapse departement van gemeenskapsveiligheid het onlangs geld aan die Overstrand-munisipaliteit beskikbaar gestel om 'n spesiale K9-honde-eenheid op die been te bring.

Die nuwe eenheid sal in Hermanus gestasioneer wees en sal bestaan uit een beampte, inspekteur Lance Mara, wat ook die eenheid sal bestuur en ses hondehanteerders.

Die doel van die honde-eenheid is om die wetstoepassers by te staan met die bekamping en voorkoming van sekere misdade soos perlemoenstropery en die soeke na onwettige middele soos dwelms. Die honde-eenheid bestaan uit 'n groep gespesialiseerde wetstoepassers wat dienshonde gebruik om verskillende take uit te voer. Die hondehanteerders moet, afgesien van hul normale pligte, ook hul honde oplei en versorg. Die dienshonde word gebruik om nie net diens te lewer nie, maar ook om pro-aktief op te tree.

“Ons eenheid gebruik Belgiese herdershonde, nie net omdat hulle baie intelligent is nie, maar ook oor hulle uitstekende reukvermoë. Die munisipaliteit werk ook nou saam met die Genesis K9-groepe wat hierdie opgeleide honde verskaf. Genesis K9 is gelisensieerd om honde op te lei en te verskaf aan sekerheidsmaatskappye, myne, wetstoepassers en natuurreservate. Hulle het ook aal honde aan die Verenigde Nasies verskaf,” het inspekteur Mara gesê. 

Lees meer in volgende week se Hermanus Times.

Meer oor:  Honde  |  Hermanus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.