Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hermanus Times
BRU gee groenlig vir vriendskaplike wedstryde

Die wag is verby en klubrugby kan weer vriendskaplike wedstryde in hul streek begin speel.

Die besluit is onlangs gemaak deur Boland-rugbyunie (BRU) om plaaslike rugbyklubs toe te laat om weer teen mekaar te speel.

Bennie van Rooi, die nuwe president van die BRU sê die besluit is noukeurig deurdink en hy beveel spelers en afrigters aan om alle Covid-19-protokols te volg.

“Vriendskaplike wedstryde skop van 19 Junie af, maar die klubs kan net in hul onderskeie streke deelneem. Omdat daar so baie nuwe positiewe gevalle van Covid-19 is, mag die klubs net in hul eie streke speel,” sê Van Rooi.

Die BRU het ook besluit om alle munisipaliteite per e-pos in kennis te stel oor die besluit en dat die unie toestemming gee dat rugbywedstryde weer mag plaasvind.

Die BRU gaan ook die klubs inlig oor wat hulle mag en nie mag doen nie.

Die BRU noem ook dat dit belangrik is dat al die klubs wat nog nie hul Covid-19-sertifikate ontvang het nie, nie mag rugby speel nie. Alle klubs sal eers hul fiksheid van vier weke moet doen en dan hul vier weke kontak oefeninge voordat daar rugby gespeel kan word.

Die unie herinner ook die klubs dat, indien daar enige positiewe gevalle na wedstryde bekend gemaak is, moet die unie hieroor ingelig word.

Volgens Van Rooi is dit belangrik dat al die klubs die Covid-19-regulasies moet volg en indien dit nie gevolg word nie sal die BRU wedstryde onmiddellik stop.

Meer oor:  Hermanus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.