Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hermanus Times
Overstrand leer kinders van omgewing
kinders

Die Overstrand-munisipaliteit en ander rolspelers het hierdie jaar tydens Nasionale Kinderbeskermingsweek, wat van 30 Mei tot 6 Junie plaasgevind het, na kinders in die omgewing uitgereik en hulle meer oor hul veiligheid en regte ingelig.

 

Volgens Tamzyn Zweig, omgewingsbestuurder van Kleinmond, het Kleinmond-kinderweslyn Vrydag 4 Junie ‘n bewusmakingsgeleentheid gehou oor nie net kinderveiligheid en -regte nie, maar ook oor hoe om die omgewing te bewaar. “Die kinders was regtig oulik en het selfs die rommel in die dorp opgetel,” vertel Tamzyn. “Een van die dinge wat ons vir die kinders gewys het, was die vangnet voor die stormwaterpype.”    

 

Die Overstrand-munisipaliteit werk nou saam met die Marine Dynamics en die Dyer Island Conservation Trust (DICT) om rommelstorting tot die minimum te beperk deur opvangsnette voor die stormwaterpype te sit.

Dié projek is geïnspireer deur ‘n projek in Australië en Wilfred Chivell van die  Marine Dynamics Tours en stigter van DICT, het besef dat Suid-Afrika ook kan baat vind by so ‘n projek en het dit in 2019 bekendgestel.

 

Die Overberg-munisipaliteit in vennootskap met die DICT en ander nieregeringsorganisasies wil hierdie projek oor die hele Overstrand van stapel stuur.

Meer oor:  Hermanus  |  Kinders
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.