Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hermanus Times
See eis drie mans van Hawston
Die NSRI het die ligame van drie mans, glo van Has

KLEINMOND: Drie mans is dood toe hulle boot gisteraand omgeslaan het naby Kleinmond. Volgens Schalk Boonzaaier, NSRI Kleinmond stasiebevelvoerder is die NSRI om 07:11 geaktiveer toe ‘n Rigid Hull opblaasboot omenby 4km van Kleinmond uitgespoel het.

“Die NSRI Kleinmond se bote Jaytee III en Rescue 42 Alpha is geaktiveer en die NSRI Hermanus se se bote South Star en Rotarian Burnett is weggeroep van ‘n opleidingsessie om te gaan help met die soektog,” sê Boonzaaier.

‘n See en strand soektog is van stapel gestuur en daar is oorspronklik gedink daar word vier mans vermis. Tydens die soektog is dit bevestig dat slegs drie mans, glo van Hawston, vermis word.

Die ligaam van een van die mans is toe op die strand gevind. “Swemmers van die NSRI het in die omliggende omgewing in die see die soektog voortgesit,” sê Boonzaaier. “Tydens die soektog het ons ongelukig ook die ligame van die ander twee mans gevind.”

Die polisie ondersoek tans die saak

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.