Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Aansoek misluk weer

Die soveelste aansoek om borgtog van Zonizelo “Zet” Magawu, gewese ANC-raadslid en -takvoorsitter van Daniëlskuil en vermeende baasbrein agter die moord op Johannes Baaitjie en Shuping Nouse, het Vrydag (21/06) in die hooggeregshof misluk.

Waarnemende regter Stanley O’Brien het in reaksie op Magawu se betoog dat die gevangenis nie bevorderlik vir sy gesondheid is nie, gesê hy kan nie verwag dat ’n gevangenis soos ’n hotel moet wees nie.

Magawu is sedert 19 Augustus 2016 in aanhouding, ’n dag nadat Baaitjie se lyk met skietwonde langs die pad buite Postmasburg gekry is. Nouse, wat op dieselfde dag met ernstige skietwonde in ’n bakkie in Postmasburg gevind is, is op 23 Augustus dood.

Magawu word saam met Richard Ha­sane, Tshame Frank Baxane, Thompson Mncedisi Mphondomisa en Matthews Legodu van die moorde, asook ontvoering en die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie, aangekla.

Magawu het reeds ses keer tevore om borgtog aansoek gedoen. Sy sesde aansoek, waarin hy betoog het dat hy ingevolge art. 49G van die Wet op Korrektiewe Dienste weens sy swak gesondheid vrygelaat moet word, is in April afgekeur. Die sewende en soortgelyke aansoek is gister afgekeur.

Die verhoor in Kimberley het die week voortgeduur.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kalahari Bulletin Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.