SPESIALE AANBOD: Betaal slegs R25 vir die eerste maand. Spring gou!
Nuus
‘Beskerm ons in Kerstyd’

Inwoners van Augrabies het aan die einde van November ’n versoekskrif aan die plaaslike polisiekantoor oorhandig waarin hulle vra die polisie moet hierdie Kerstyd saam met hulle werk om misdaad, veral teen vroue en kinders, te bekamp.

Die staptog na die polisiekantoor is veral deur kinders en vroue bygewoon.

Luidens die versoekskrif verhoog misbruik van dwelms en alkohol geweld in huishoudings en gemeenskappe.

“Die waarde van vroue word gering in die samelewing geag en ’n vrou word dus maklik met disrespek behandel.

“In ons gemeenskap ervaar vroue en kinders daagliks geweld onder die hand van hul mans en lewensmaats,” lui die versoekskrif.

“Augrabies word dus elke dag deur gesinsgeweld, kinder- en vrouemishandeling, en alkohol en dwelmmisbruik geraak.

“Met hierdie agtergrond rig die gemeenskap van Augrabies ’n ernstige pleidooi aan die polisie om saam met die wykskomitee en ander gemeenskapsgegronde organisasies te werk om misdaad in Augrabies te voorkom en te verminder.”

Die gemeenskap vra ook die polisie om meer sigbaar te wees tydens die Kerstyd en dat die reaksietyd met die aanmeld van klagtes verbeter word.

“Ons vra ook die polisie om die slagoffers van vrouegeweld ernstig op te neem en die nodige bystand te verleen, asook om meer misdaadvoorkomingsveldtogte in Augrabies te hou.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kalahari Bulletin Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.