Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Boere kry ‘Kersgeskenk’
Kospakkies
In Upington help Morné Steenkamp (links), Louis Steyn (bestuurder van Oranjerivier Landbou-unie) en Karin Jansen (distrikbestuurder van Upington Lewens) Saterdag om bokse kospakkies in die Avbob-vragmotor te pak. Foto: Verskaf

Die boeregemeenskap in die Noord-Kaap het net voor Kersfees verskeie skenkings ontvang om die wurggreep van die droogte te help verlig.

Verskeie organisasies het hande gevat om boere te midde van die voortslepende droogte by te staan.

Vragte vol kospakkies van altesaam sowat R1,1 miljoen het sedert die afgelope naweek in die Kalahari en die Diamantveld-streek van die provinsie aangekom.

Die skenking wat deur die Avbob-begrafnisonderneming en Rise Against Hunger saam met Agri Noord-Kaap georganiseer is, is bestem vir boere en werkers in droogtegeteisterde gebiede.

kospakkies
In Upington laai Morne Steenkamp (links) en Louis Steyn, bestuurder van die Oranjerivier Landbou-unie, bokse kospakkies in die Avbob-vragmotor. Foto: Verskaf

Jan Joubert, voorsitter van Agri Kuruman, het die eerste vragte met sowat R250 000 se kospakkies Saterdag in die dorp ontvang.

Hy sê Agri-Kuruman gaan die kospakkies tussen nege boereverenigings se arbeiders in die gebied te verdeel.

Joubert sê die droogte het ’n groot invloed op produsente se kontantvloei gehad.

“Tans maak boere staat op skenkings waarvoor daar groot dankbaarheid is. Ons vrees afleggings gaan plaasvind weens die voortslepende droogte.

“Ons beoog om die kospakkies onder sowat 750 arbeiders te versprei, wat dan ’n rimpel-effek op so ’n arbeider se familie behoort te hê.”

kospakkies
Een van die Avbob-vragmotors in Voortrekkerstraat in Kuruman. Foto: Alzane Narrain

Joubert sê ten einde boere in nood by te staan het Senwes in samewerking met verskeie vennote en borge ook die naweek vier vragte met honderde sakke mielies en mieliemeel op Winton, Van Zylsrus en Severn uitgedeel.

kospakkies
Van die skenkings van Avbob en Rise Against Hunger wat in die Noord-Kaap uitgedeel gaan word. Foto: Verskaf

Meer as 180 boere en werkers het skenkings ontvang.

Janine Byleveld, bedryfsamptenaar van Agri Noord-Kaap, sê die eerste Avbob-skenking in Kuruman was deel van ’n konvooi van vragmotors wat kospakkies na Springbok, Upin

gton en omstreke aangery het.

Met die projek word beoog om 2 800 mense in Namakwaland, 2 400 in Pixley Ka Seme, 2 600 in John Taolo Gaetsewe, en 1 800 in Z.F. Mgcawu te help.

Nicol Jansen, president van Agri SA in die Noord-Kaap, sê die skenkings sal welkome verligting bied aan boere en werkers wat onder die erge droogte gebuk gaan.

kospakkies
Bakkies staan Saterdag hier by Senwes se vragmotor in Van Zylsrus. Foto: Verskaf

“Alles wat mense nie self hoef te koop nie, maak die bietjie beskikbare geld los om iets anders wat belangrik is te kan koop.”

Avbob het met so ’n groot bydrae gewys dat hulle die belange van die mense van die Noord-Kaap op die hart dra, sê hy.

“Ek glo hulle sal die vrugte van hul dade pluk wanneer dit weer gereën het en dit beter met die Noord-Kaap gaan.”

kospakkies
Senwes se skenkings in Winton. Foto: Verskaf

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kalahari Bulletin Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.