Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bring hoop vir drome

Donderdag (18/07) is dit weer Mandela-dag. Talle mense is reeds besig om benodighede in te samel om aan liefdadigheid of hulpbehoewendes te skenk.

Ander mense werk al heel jaar aan ’n projek om spesiaal op Mandela-dag te oorhandig.

Die doel van dié dag is om menslikheid teenoor ander te betoon, om armoede te verlig en om vir ander mense om te gee.

Dit is 67 minute van jou tyd, maar vir iemand wat die goedhartigheid ontvang, beteken dit baie.

Op dae soos hierdie kan ’n mens sien hoe Suid-Afrikaners saamstaan om mekaar te help. Dit is werklik ’n mooi prentjie.

Ondanks al die misdaad, ellende en armoede wat ons ervaar, gee ons nog vir ander om.

Daar word goed na ons oumense omgesien, veral op Mandela-dag.

Van al die kwessies lê kinders se behoeftes my baie na aan die hart.

Ek en my kollega gesels hierdie week oor die geleenthede wat daar vir kinders ná skool is om hulle mee besig te hou. Daar is min hiervan in ons gemeenskap. Die kinders dwaal ledig in die strate rond.

Een ding wat ek al telkens opgelet het, is dat die kinders in ons gemeenskappe baie talentvol is, maar daar is nie plek waar hul talente ontwikkel kan word nie.

Dit laat my aan die organisasie LoveLife dink. Dis ’n organisasie wat begin is om bewusmaking oor MIV/vigs te doen en deur ’n holistiese benadering jeugontwikkeling te doen.

Hierdie groep jeugdiges was altyd besig met een af ander sportsoort wat hulle die kinders leer speel het. En só het die kinders speel-speel geleer. Daar was baie aktiwiteite wat hulle besig gehou het.

My hoop vir Mandela-dag is om te sien hoe daar weer na die kinders uitgereik word.

Ons kinders word aan soveel negatiewe elemente blootgestel.

Deur hulle te betrek om betrokke te raak by iets positiefs kan weer hoop in gebroke toekoms­drome bring.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kalahari Bulletin Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.