Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dansers skop stof op

Die Boesmanland Bitterbessies is vanjaar se wenners van die ATKV-rieldanskompetisie wat Saterdagaand (08/12) in die Paarl by die Taalmonument gehou is.

Volgens die ATKV se webtuiste kan die rieldans met reg as die oudste danssoort in Suider-Afrika gereken word omdat die hedendaagse vorm direk na die Khoi-San, die streek se eerste bewoners, herlei word.

Die Khoi-San het destyds ná ’n goeie oes of jagtog en op hul feeste al sirkelend om die vuur gedans. Baie van die passies word vandag steeds in ’n kring uitgevoer.

Die agt dansers van die Bitterbessies van Loeriesfontein in die Noord-Kaap is die afgelope 12 jaar by die kompetisie betrokke.

Die storie van hul dans vanjaar handel oor ’n jong paartjie wat verlief raak en voor die kansel gaan staan, maar die toeskouers kom gou agter dat alles nie maanskyn en rose is nie.

Die Boesmanland Bitterbessies se Angelo Hugo skryf self die stories wat hulle opvoer.

Volgens Mercia Eksteen, woordvoerder van die ATKV, is Hugo so passievol oor rieldans dat hy “sal dans totdat hy sy laaste asem uitgeblaas het en dan moet sy geliefdes sy rieldansskoene saam met hom in sy kis begrawe”.

Die wenners van die o.20-ouderdomsgroep is die Brandvlei Stoftrappers. Hul tema was ’n liefdesverhaal waar ’n bruinoognooi Brandvlei toe trek en hier haar ridder op sy blinkvosperd ontmoet.

Die Prins Albert Vastrappers is as die o.14-groep se wenners gekroon.

) Seniors:

Eerste plek en wenner van die Grietjie van Garies-eerbewys: Boesmanland Bitterbessies

Tweede plek: Griekwa Ratelgat Rieldansers

Derde plek: Betjies Rooirots Rieldansers

) Onder 20’s:

Eerste plek en wenner van die Grietjie van Garies-eerbewys: Brandvlei Stoftrappers

Tweede plek: Prins Albert Vastrappers

Derde plek: Griekwa Knersvlakte Rieldansers

) Onder 14’s:

Eerste plek en wenner van die Grietjie van Garies-eerbewys: Prins Albert Vastrappers

Tweede plek: Griekwa Rieldansers

Derde plek: GB Batt Stofskoppers

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kalahari Bulletin Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.