Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dorpspanne kraai albei koning

Die United-rugbyklub in Upington het Saterdag (06/07) twee wedstryde op die Mxolisi Dicky Jacobs-stadion aangebied, wat albei deur spanne van Upington-Dorp gewen is.

Eerste aan die beurt was ’n vriendskap­like wedstryd tussen Upington Dorp 2 en die Defence Force Collegians (DFC).

Vroeg in die stryd het Dorp 2 die bal opgetel nadat DFC se agterlyn die bal verloor het en Dorp 2 se Nawan Klaaste dit in punte kon verander.

DFC het die voortou geneem om teen rustyd met 22 – 8 voor te loop.

Met vele skrums in die tweede helfte kon Dorp 2 uiteindelik weer agter die pale draai nadat vars asems op die veld gestuur is.

Voor ’n juigende paviljoen het DFC vir Dorp 2 laat les opsê deur die stryd met 36 – 18 te wen.

Daarna het die United-rugbyklub teen Upington Dorp 1 op die stadion te staan gekom. Die eerste minute van die stryd is in United se helfte gespeel toe Dorp 1 ’n skrum op die 5 m-lyn gekry het. Dorp 1 se Pieter Cockeran het om die skrum gebreek en gedruk. Kort daarna is Dorp 1 gestraf weens ’n gevaarlike duikslag en United kon punte aanteken.

Met die afskop het United aangeslaan en die bal het in Theuns Kotze (Dorp 1) se hande beland. Theuns se skoppie bo-oor United se verdedigingslyn is deur sy spanmaat, Johan Myburgh, met ’n drie onder die pale opgevolg. Dorp 1 het reeds met 14 – 5 voorgeloop toe die tuisspan ’n aanslaan deur Dorp 1 kon gebruik om oor die kalklyn te duik. Halftyd was die besoekers met 28 – 17 voor.

Die laaste helfte het die toeskouers op hul tone gehad met ’n naelbytstryd wat United op ’n stadium sien voorloop het met 36 punte teenoor 28. Upington Dorp 1 het egter sy sokkies opgetrek om uiteindelik met 42 – 41 koning te kraai.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kalahari Bulletin Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.