Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Eerlike erkenning leitot lewensverandering

Ons het verlede week oor lewensverandering gepraat en gehoor dat die Een wat ons wil help, regtig omgee.

God gee soveel om dat Jesus mens geword het en in ons plek gestraf is sodat ons weer deur God in besit geneem word.

As jy weet dat God regtig omgee, is jy gereed om die eerste stap te neem: Erken dat jou lewe buite beheer is en dat jy nie by magte is om dit te verander nie.

Om te erken dat jy misluk het, is een van die moeilikste dinge. Die wêreld het verskillende name hiervoor: leegheid, niks, armoede.

Die Jode het dit die “woestyn” genoem, en in die Nuwe Testament is dit die “pad van die kruis”.

Ons beleef ook hierdie woestyn-situasie en ontdek ons kan niks doen om daaruit te kom nie. Daarom is dit so vreesaanjaend.

Ons raak desperaat en depressief. Ons soek uitkoms, maar kry dit nie.

Almal leef in dié magteloosheid, maar almal ontken dit ook. Waarskynlik omdat baie van ons probleme in die onderbewussyn leef.

Almal moet in hul geloof groei sodat ons na die onderbewuste kan deurdring. Anders sal niks verander nie.

Dink aan Jesus se verhaal oor die balk in jou oog en die splinter in die ander s’n (Matteus 7:3-5).

Ons kry ’n innerlike blik wanneer ons iets in iemand anders raaksien.

Om ons hieraan te herinner sê ons dikwels: “If you spot it, you’ve got it”.

Selfs dan reageer ons nie dadelik nie, moet ons eers deur ons eie woestyn gaan voordat ons besef ons moet self verander.

As jy deur genade die eerste stap neem en jou magteloosheid erken, kan jou ware geestelike reis begin. Alles voor hierdie punt is bloot inligting oor God en die geestelike lewe, leerstellings en woorde. Dit is bekering.

God wil jou daagliks tot bekering roep en herinner aan die dinge in jou lewe wat aandag verg.

Dit is die begin van ware lewensverandering.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kalahari Bulletin Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.