Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
God se seën oor ons

Tessalonika was ’n belangrike multikulturele stad in Paulus se tyd, met ’n mengsel van kulture, godsdienste en tale. Dit was onder militêre beheer van Octavianus, later bekend as keiser Augustus. Die gemeente in Tessalonika het bestaan uit Jode en ’n meerderheid Grieke.

2 Tessalonisense 1 getuig van God se werk in die gemeente. Die gemeente het nie uit menslike vindingrykheid of menslike vaardigheid ontstaan nie. Dit was deur die kragtige werk van die Heilige Gees.

Vers 2 sê: “Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus!”

Hoe bemoedig dié woorde die Tessaloniërs, en ook vir ons?

In ons wêreld is daar min genade: Niemand het jou produk gekoop nie, “al te jammer”. Jy lei aan chroniese depressie, “ruk jouself reg”. Jy het jou werk verloor, “dis maar hoe dit is in die huidige ekonomiese sisteem”. Jy kan nie werk kry met jou universiteitsgraad nie, “jammer jy is oor gekwalifiseerd”.

Maar by God is daar genade. God verstaan, by Hom is plek vir die wat teleurgestel word, wat hoop verloor het. Met hierdie woorde word ’n nuwe toekoms verbeel, nuwe hoop uitgespreek en ’n nuwe wêreld wat vreemd is aan dit waaraan ons gewoond is, gebring.

Maar daar is ook nog die woorde: “Vrede vir julle.”

Vrede op aarde is iets wat gebring word deur die heersende politieke leierskap. Dit kom deur geweld, deur gedwonge dissipline en deur die kruisiging van politieke teenstanders (soos Jesus).

Vrede is dikwels selektiewe vrede: Vrede vir die rykes, geweld vir die armes. Vrede vir die inboorling, geweld vir die immigrant. Vrede vir die magtiges, geweld vir die magteloses.

“Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus!”

Hierdie genade en vrede geld ongeag of dit met ons goed of sleg gaan in hierdie wêreld, want dit kom van God af. Ontvang dit. Dit skep ’n nuwe ’n werklikheid en open nuwe moontlikhede. Die onmoontlike word moontlik en die sigbare is nie meer die realiteit nie. Slaap goed, leef goed, want God is by jou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kalahari Bulletin Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.